Phafelo Israel Mboniswa (42) en William Johnson Mboniswa (32) het Maandag 11 November 2024 vlugtig in die Potchefstroomse landdroshof verskyn, sê brig. Sabata Mokgwabone, Noordwes-polisiewoordvoerder.
Volgens Mokgwabone is aanklagte teen ’n derde verdagte Maandag in die hof laat vaar. Die drie beskuldigdes het pas verskyn, toe Phafelo Mboniswa sy hand opsteek en erken hy het Boshoff 2 weke gelede vermoor.
Hulle sal na verwagting weer op 25 November voorkom vir ’n moontlike borgtogaansoek. Albei verdagtes het regshulp versoek.Volgens Mokgwabone is aanklagte teen ’n derde verdagte Maandag in die hof laat vaar. Die drie beskuldigdes het pas verskyn, toe Phafelo Mboniswa sy hand opsteek en erken hy het Boshoff vermoor.
Boshoff is Saterdag 9 November 2024 tydens ’n troosdiens op Bothaville gegroet.