Onwettige mynbedrywighede laat Roodepoort pad ineenstort

Die Johannesburgse Padagentskap (JRA) het ‘n kennisgewing uitgereik van ‘n padsluiting by ‘n kruising in Mijnstraat en Van Wykstraat in Roodepoort.

Dit is as gevolg van onwettige mynuitgrawings wat verskeie massiewe gate op die pad veroorsaak het. Dit het uiteindelik daartoe gelei dat die pad ineen gestort het.

Die JRA het motoriste versoek om nie die versperrings van die pad te verwyder nie, met verwysing na die oortreding van die Nasionale Padverkeerswet.

Motoriste word versoek om Curriestraat en Herbertstraat of Fredrickstraat en Manuelstraat te gebruik.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui