Die onrus in Mosambiek het gelei tot die sluiting van die Lebombo-grenspos, wat vragmotorbestuurders en die ekonomie miljarde gekos het, volgens ekonome en vragverenigings. Dit het veral ‘n negatiewe uitwerking op die vervoer van chroom deur die grens.
Gister was die sewende dag van opstande in die buurland wat grootskaalse vertragings by die grenspos tot gevoog het. Inwoners van Mosambiek het gister weer die strate ingevaar en die regerende politieke party, Frelimo, daarvan beskuldig dat hulle die stemme in die nasionale verkiesing wat verlede maand gehou het, gemanipuleer het.
Gavin Kelly, uitvoerende hoof van die Padvragvereniging, het gesê die vragbedryf het reeds byna R5 miljard verloor weens die ontwrigting van vrag van SA wat deur die Mosambiekse hawe beweeg.
“Ons het geen data oor hoeveel vragmotors by die grens gestop word nie, maar verskeie owerhede het vervoermaatskappye aangeraai om nie na Mosambiek te probeer oorsteek nie. Die grens is van daardie kant af gesluit weens die owerhede wat die ontwrigting ná die verkiesing aanspreek,” het Kelly gesê.
“Dit beteken vragmotors staan stil. Die tipe vrag kan bepaal of daar uitgebreide verliese sal wees as boetes vir laat of geen aflewering.”
Ekonoom Dawie Roodt het gesê baie firmas het hul uitvoerbesigheid na Mosambiek verskuif. “Suid-Afrikaanse hawens is ‘n gemors en baie sakelui het hul uitvoer na Mosambiek verskuif omdat dit beter as ons s’n is.
“Wanneer hulle nie hul goedere by die grenshek kan kry nie, is dit ‘n groot bekommernis. Dit sal waarskynlik die SA uitvoerbesigheid wat vanuit daardie land bedryf word, beïnvloed”.
“Die betogings wat ons in Mosambiek sien, beteken ons buurman raak polities onstabiel. Dit is op sigself ‘n groot probleem vir Suid-Afrika. Ek hoop dit kan vinnig opgelos word, anders kan dit ’n negatiewe impak op ons ekonomie hê,” het Roodt gesê.
Nog ‘n ekonoom, prof Peter Bauer van die Universiteit van Johannesburg, het gesê die situasie sal ‘n verlies aan inkomste, skade aan eiendom, infrastruktuurskade en reputasieskade veroorsaak.
“Die handelsontwrigting is ‘n groot bekommernis, veral vir grensvloei van goedere, wat die beweging van vars produkte en goedere tussen lande beïnvloed.
“’n Oorkoepelende bekommernis is die groot hoeveelheid goedere wat vanaf die Maputo-hawe in Suid-Afrika inkom.
“Weens die vertragings in die Richardsbaai- en Durbanse hawens, het baie maatskappye die oordrag van goedere via die Maputo-hawe herlei, wat ‘n impak op stroomop en stroomaf voorsieningskettings het.
“Dit is hoofsaaklik bedoel vir beide tersiêre en sekondêre markte, wat in beide die vervaardiging en handel in Suid-Afrika gebruik word,” het Baur gesê.
“Dit kan lei tot ‘n verlies aan inkomste en handel oor die hele streek,” het Baur gesê.
“In die geheel gesien kan hierdie onrus ‘n meetbare impak op beide die Mosambiekse en Suid-Afrikaanse ekonomieë hê, veral as gevolg van die oorspoel-effekte wat veroorsaak word deur die ontwrigting van handel.”
Nog ‘n ekonoom, Khaya Sithole, het sy mening uitgespreek”. “Suid-Afrika baat meer in ‘n sin dat ons meer aan Mosambiek kan verkoop as wat hulle aan ons kan verkoop. Oor onlangse jare, aangesien SA sy eie logistieke uitdagings het, het die toegang tot die hawens van Maputo vir sommige SA maatskappye wat probeer om hul goedere oor te dra, al hoe belangriker geword.”
“Dit is steeds rustig aan die Suid-Afrikaanse kant, maar aan die ander kant gaan dit sleg. Die vragmotors en ander kommersiële voertuie kruis nie,” het ‘n polisie offisier gesê.
Barbara Mommen, woordvoerder van Suider-Afrikaanse Padvervoerverenigings spreek ook haar kommer uit oor die impak wat die onluste op beide lande het. Sy sê daar moet na die streek gekyk word en beide lande verloor miljoene rande daagliks.
’n Vragmotorbestuurder, het gesê hy is gelukkig om te lewe. Hy het gesien hoe sy medebestuurders aangeval is deur betogende mense wat ook die goedere wat hulle vervoer het, gebuit het.
“Aandeelhouers word in kennis gestel dat Grindrod se hawe- en terminaalbedrywighede in Maputo en Matola tydelik opgeskort word ná die sluiting van die Lebombo-grens wat Suid-Afrika en Mosambiek verbind, ‘n opskorting van spoorbedrywighede, en om veiligheid van ons werknemers te verseker.” Die verklaring is uitgereik in ‘n opdatering van Sens Donderdag 7 November 2024
Grindrod se aandele het 2% swakker vertoon sedert die aankondiging.




