Suid-Afrika – Ware gebeure deel 4 – Teokrasie vs Demokrasie

Geskryf deur: Dr Jann Schlebusch

Teokrasie vs Demokrasie en POLITIEKE PARTYE en PARTYSKAPPE

Ons het gewoond geraak aan demokrasie as besluitnemingstelsel. Dit is egter ‘n stelsel met sy wortels in die Liberale Humanisme (wat die mens verheerlik). Eintlik is die stelsel wat ons as demokrasie ken, eerder ‘n meerderheidsbesluitnemingstelsel, want demokrasie beteken letterlik ‘die volk regeer’ – en daarvan is deesdae maar min te sien. Maar kom ons noem maar die stelsel ‘n ‘demokrasie’ soos wat dit in die spreektaal bekend geraak het. Omdat ‘demokratiese’ besluitneming altyd afhanklik is van die goedkeuring van die meerderheid, is die stelsel geneig om die meerderheid mense ter wille te wees.

Binne so ‘n ‘demokratiese’ besluitnemingstelsel is dit steeds moontlik dat daar ‘n Godsgehoorsame regering (of Teonomie) tot stand kan kom, mits die meerderheid burgers ernstige gelowiges is (Die Nasionale Party bewind onder dr Verwoerd in die Republiek van Suid-Afrika is so ‘n voorbeeld)

  • Tog het die praktyk geleer dat die openbare kommunikasiemedia, soos radio, TV, flieks en koerante die gemiddelde moderne mens se denke heeltemal manipuleer.
  • Nou is dit ook ‘n tragiese feit dat hierdie media (met die uitsondering van ‘n paar moedige kleiner pogings) beheer word deur vyande van God wat hulle toelê daarop om ons volk weg te lei van ons God af en om so ons volk uiteindelik heeltemal te vernietig. (Die internasionale media is nie net daarop uit om ons volk te vernietig nie. Hulle is inderdaad handlangers van Satan wat God se skeppingsorde in geheel probeer vernietig. Hy val veral die Westerse beskawing aan omdat ons die draer is van die Evangelie. Hulle wil al die Verbondstrukture (behoueringsisteme) wat God vir die menslike gemeenskap bepaal het, vernietig. Die Verbondstrukture is die gesin, die familie en die volk. Die duiwel is ook baie suksesvol hiermee, want hy het reeds tot ’n groot mate daarin geslaag om ons familieverbande te vernietig. Die gesinsverband is besig om te verkrummel en die volksverband is reeds in diskrediet in die liberale Westerse lewensbeskouing.
  • Ons vyande gebruik ook ander middele. Selfs kerke verkondig nou liberalisme.

Ongelukkig bied die alternatiewe besluitnemingstelsels wat die mens ontwerp het – soos Aristokrasie en Monargie – ook nie ‘n bevredigende oplossing nie.

As gevolg van die meerderheid mense se onvermoë om onafhanklik te dink, lei demokrasie egter noodwendig tot oligargie. (Oligargie beteken dat ’n klein elite-groep regeer – maar dit is nie ’n aristokrasie wat op klassestand gebaseer is nie – eerder ’n eksklusiewe groep wat die politieke stelsel en sosiale orde doelbewus manipuleer en die sogenaamde ’openbare mening’ vorm. In ons moderne konteks is dit hoofsaaklik die Westerse geldmag, die mediabase en die internasionale kerklike beweging). Demokrasie is dus in werklikheid net ‘n illusie.

Verder is demokrasie ook nie Bybels nie (Ex 23:2). Moses, Samuel en Dawid het in alles die leiding van ons hemelse Vader gevra (Ex 18:15,16; 33:7; I Sam 22:10; 30:8; II Sam 2:1; 5:19, 23; I Kron 14:10,14).

  • Hoewel dit vir ons in die moderne era vreemd is, het God voorgeskryf dat sy beslissing deur die Lot gevra moet word (Spr 21:2; II Kron 18:3-6,17-22; Eseg 14:3-9; 20:1-4; 20:31,35; Rig 8:27; Ex 28:30; Lev 8:8; Num 27:21; Dt 33:8; I Sam 19:21; 22:10-15; 28:6; I Kron 24:31; Esra 2:63; Neh 7:65; Spr 16:33)
  • Ook in die Nuwe Testament het die Apostels sy beslissing gevra met die aanstelling van ‘n apostel in Judas se plek. (Hand 1:26).
  • Daar is ook baie eietydse voorbeelde waar gelowiges die Here se beslissing met die Lot gevra het: Andries Pretorius was onseker oor die besluit om die Voortrekkers te lei teen die Zoeloes – en het aangedring daarop om die Here se beslissing  met die Lot de vra; Die eerste Voortrekker-kerkraad is ook by wyse van die Lot aangewys. Al die Gereformeerde Kerkordes skryf ook die gebruik van die Lot voor.

Verder het stamme en families ‘n belangrike rol gespeel in die Bybel en deur die geskiedenis tot ons kultuur besmet geraak het met individualisme. Elke stam en elke familie het ‘n verteenwoordiger gehad en hierdie ‘oudstes’ het Moses van raad bedien. Individualisme het egter ons familiestrukture vernietig. As ons vandag ‘n soortgelyke stelsel wil instel, sou ons kon kyk na iets soos ‘n adviesraad van  genomineerdes van sakekamers, gildes, landbou-unies; gemeentes ens.

In teenstelling met die demokrasie, is die Teokrasie se doel uitsluitlik om God ter wille te wees. Paulus noem dit ons redelike godsdiens in Rom 12:1,2: “Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer – dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”

Daar is ook geen sprake van demokrasie in die Nuwe Testament nie.

Die antieke Griekse demokrasie was ook iets heeltemal anders as die moderne konsep van ‘een-mens-een-stem’. Net iets oor politieke partye en partyskappe: Daar is onder ons volkskern ‘n sterk weersin teen politieke partye – met reg. Maar politieke partye is bloot net ‘n simptoom van ‘n mensgerigte besluitnemingstelsel. Al sou ons politieke partye verbied, sal daar steeds partyskappe wees – en dit sal nog ‘n groter euwel wees sonder formele politieke partye. Hieroor het die skrywer ‘n diepgaande studie gedoen. Die antwoord is steeds dat die belangrike besluite aan ons Hemelse Vader voorgelê word en afgebid word. Dit skakel die effek van partyskappe en politieke partye uit.

One thought on “Suid-Afrika – Ware gebeure deel 4 – Teokrasie vs Demokrasie

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui