Stormy Daniels, die porno-aktrise wat ter sprake was in die sogenaamde swyggeldverhoor van Donald Trump, het hom “kranksinnig” genoem. Daniels het gesê Kamala Harris het die verkiesing oor “rassisme” verloor.
Sy het tydens ’n verskyning op Good Morning Britain gesê sy is “geskok en skaam oor wat in haar land gebeur het”.
Trump het gister die Amerikaanse presidensiële verkiesing gewen.
Daniels is ‘n leidende kritikus van Trump sedert sy in 2018 opslae gemaak het toe sy na vore gekom het met ‘n bewering dat sy stilgeld betaal is in ruil vir haar stilswye tydens die 2016-verkiesing oor ‘n beweerde verhouding in 2006.
Afgesien van die strafsaak het Daniels die voormalige president gedagvaar vir naamskending in 2018. Sy het uiteindelik verloor, en is beveel om Trump se regskoste te betaal.