Ondersoek na aanranding by die Tsakane-polisiestasie

Die polisie in Gauteng het ‘n ondersoek van stapel gestuur na die beweerde aanranding van ‘n burgerlike deur een van die polisiebeamptes by die Tsakane-polisiestasie in Ekurhuleni.

Die voorval is op kamera vasgevang en het sedertdien viraal op sosiale media gegaan.

Beide die sersant en die burger het sake van aanranding en crimen injuria teen mekaar geopen.

Dimakatso Nevhuhulwi, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê ‘n interne tugsaak sal ook teen die beampte geopen word.

“Die bestuur van SAPD in Gauteng het met teleurstelling kennis geneem van die video wat op sosiale media sirkuleer waarvolgens gesien word hoe ’n polisievrou in uniform ’n lid van die publiek in die Tsakane-polisiestasie klap.

“Hierdie gedrag is onnodig, en die SAPD se gedragskode bepleit dat kliënte te alle tye met respek en integriteit behandel word.”

Geen arrestasies is gemaak nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui