Hy het na bewering in 2020 en 2021 bruide van regoor die land met duisende rande, vermoedelik sowat R1 miljoen, bedrieg.
TUINROETE NUUS – Die bedrogsaak teen troubeplanner Werner Gilroy is tot 3 Desember uitgestel.
Gilroy het Woensdag, 30 Oktober in die Mosselbaai-landdroshof verskyn toe die saak uitgestel is sodat afskrifte van die dossier gemaak kon word.
Hy het na bewering in 2020 en 2021 bruide van regoor die land met duisende rande, vermoedelik sowat R1 miljoen, bedrieg.
Gilroy is van Mosselbaai en was die eienaar van die destydse Blue Lilies Wedding and Events-maatskappy.