Suid-Afrika – wat is die ware stand van sake. Deel 1

Dit is duidelik dat die ware toedrag van sake onder die dekmantel geplaas word. Mediahuise water die ware gebeure in Suid-Afrika af en net die mooi prentjie word geskilder

Misdaad, Korrupsie, Verdrukking, ekonomiese sabotasie en baie meer word onder die mat in gevee.

Volkskrag nuus beplan om ’n uitgebreide reeks nuusberigte te plaas oor die ware stand van sake in die land oor die volgende paar weke. Ons beplan om ’n spesifieke aspek te behandel in ’n spesifieke berig.

Indien daar ’n spesifieke onderwerp is julle verlang kan julle kommentaar lewer of julle kan nuuswenke aan media@volkskrag.co.za stuur.

Volkskrag Nuus poog daarmee om die ware toedrag van sake in Suid-Afrika op die lappe te bring. Kom ons as redaksie en lesers span saam om die waarheid uit te bring en om die waarheid so vêr en wyd moontlik uit te dra!

Volkskrag Nuus beplan om oor die volgende onderwerpe te begin berig:

  • Misdaad
  • Omgekeerde rassisme
  • Moorde
  • Finansiële agteruitgang
  • Fisiese agteruitgang
  • Diskriminasie
  • Regstellende aksie
  • Geloof miskenning
  • Minderheid miskenning

Die onderwerpe sal bygevoeg woord soos wat die tyd verloop

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui