Pyne op borg vrygelaat

Jaén Lee Pyne wend hom tot die Hooggeregshof.

Jaén Lee Pyne (30), die beskuldigde in die saak waar Etienne du Preez doodgeskiet is en Flip Minnaar ernstig gewond is, is op 24 Oktober op borg van R5 000 vrygelaat.

Du Preez en Minnaar was op 3 Julie in Ueckermann Straat geskiet.

Daar was verskeie hofverskynings sedert die voorval maar Pyne se borg aansoek is geweier. Sy laaste hofverskyning was op 10 Oktober in die Heidelberg se Landdroshof en borg was weer nie toegestaan nie.

Pyne het homself daarna tot die Hooggeregshof in Pretoria gewend, waar sy borg toegestaan is.

Die voorwaardes is dat hy twee keer per week by die Heidelberg se SAPD moet aanmeld, alle hof verskynings moet bywoon en nie met enige staatsgetuies in aanraking kom nie.

Pyne se volgende hofverskyning is op 12 November in die Heidelberg Landdroshof.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui