Die VF Plus se proporsionele verteenwoordiger in die Stad Mbombela het beweer hy was nie bewus daarvan dat hy insolvent was toe hy tot die pos verkies is nie.
Liam Richard May het ‘n opname beskikbaar gestel op YouTube waarin hy hom sterk uitlaat oor die verdoeseling van bedrog en korrupsie in die VF+.
In die opname sê hy die VF+ se dagbestuur is reeds sedert 2022 bewus van die sekwestrasie van Freddy Robertson. Dit is onder ‘n dekmantel geskuif as gevolg van nepotisme. Mnr May verklaar hy is bewus van die weerhouding van die VF+ om die nodige aksie te neem omdat hy as die Youth Deputy was. Hy is ook inbesit van die “docket” van die saak teen Robberts en hy weet dus wat hy sê in waar. Hierdie “docket” is ook nou in besit van die munisipaliteit bestuur en die Uitvoerende Bestuur van Mmombela.
Volgens Mnr May het die Uitvoerende bestuur van die VF+ verkies om Robberts te beskerm en sy bedrog toe te smeer. Volgens Mnr May is Robberts aan die provinsiale leier se PA verbonde en is hy derhalwe deur die provinsiale leier ook beskerm. Hierdie leier dien ook op die Uitvoerende bestuur wat deur die Broederbond beheer word.
Die onderstaande artikel het verlede week in die Laevelder verskyn. Daar word gesê Robberts is nie bewus daarvan dat hy geskwestreer is nie – hoe is dit moontlik as die VF+ reeds in 2022 daarvan geweet het, sekwestrasies deur wetlike prosesse gaan waar die persoon te alle tye betrokke is en die Hooggeregshof ‘n sekwestrasie goedkeur? Robberts het onder eed aan die hof gelieg deur nie sy salaris wat hy verdien as raadslid van die VF+ aan die hof bekend te maak nie.
Robberts is in Januarie 2023 gerehabiliteer nadat hy reeds die amp vir die VF+ in Mmombela aanvaar het.
Robberts het onder eed aan die hof gelieg deur nie sy salaris wat hy verdien as raadslid van die VF+ aan die hof bekend te maak nie. Die wet sê baie duidelik dat ‘n persoon wat onder sekwestrasie is nie in die regering of in ‘n uitvoerende hoedanigheid mag optree nie – onder GEEN omstandighede nie.
“’n Insolvente party kan steeds werk, en hul salaris is veilig. Sekere regeringsposisies word uitgesluit terwyl hulle onder sekwestrasie is en gesekwestreerde partye kan nie direkteure van maatskappye wees nie. Dit is dus die beste om so gou moontlik te rehabiliteer nadat aan die vereistes voldoen is.”
“WAT GEBEUR AS JY ‘N DIREKTEUR VAN ‘N MAATSKAPPY IN SUID-AFRIKA IS WANNEER JY GESEKWESTREER WORD?
Jy sal moet bedank en die maatskappyregistrasiedokumente moet dit weerspieël. Jy word nie toegelaat om ‘n pos as direkteur te beklee of deel te wees van die bestuur van ‘n beslote korporasie in Suid-Afrika terwyl onder sekwestrasie nie. Sekere regeringsposisies is ook uitgesluit. Jy mag nie gedurende die tydperk ‘n kurator van ‘n boedel wees nie.”
Me Heloise Denner beskerm Robberts terwyl sy die wetlike aspekte ken – sy is ‘n prokureur. Deur haar verklaring aan die Laevelder impliseer sy haarself en ook die VF+ nou deur dieselfde onwaarhede te bevestig as Robberts. Sy dien op die volgende komitees:
![](https://volkskrag.co.za/wp-content/uploads/2024/10/Heloise-Denner.jpg)
Portefeuljekomitee oor Indiensneming en Arbeid
Portefeuljekomitee oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling
Gesamentlike Staande Komitee oor die Finansiële Bestuur van die Parlement
Mnr May spreek hom baie sterk uit oor haar uitlatings om Robberts te beskerm: “In die parlement lê jy ‘n eed af voor God om oor die wet te waak en te handhaaf en by die grondwet van die land te hou. Sy tree ongrondwetlik op en oortree die wet. Sy het alle kanse gehad om op te staan teen die korrupsie en bedrog in die party en het dit nie gedoen nie.”
Mnr May noem voorbeelde: die bedrog van Anton Alberts en Jaco Mulder.
Die Uitvoerende gesag van Mmombela en die munisilpaliteit sal nou die nodige stappe neem om Mnr Robertson uit sy amp te verwyder. Daar is absoluut niks wat die VF+ party nou meer kan doen om Mnr Robertson te beskerm nie aangesien die munisipaliteit hiedie saak nie sal oorsien nie. As al die wetlike stappe geneem word, is daar ‘n moontlikheid dat hulle die fondse wat aan Mnr Robertson wat hy in salaris verdien het, mag verhaal wat op hierdie stadium op ‘n miljoen rand geraam word. Hy gaan heel moontlik weer geskwestreer word om die eenvoudige rede dat hy gelieg het en arrogant die feite probeer verdoesel het.
Mnbr Robertson het vir sy party gelieg, vir sy munisipaliteit en Uitvoerende gesag, die Hooggeregshof en vir ons, die mense van Suid-Afrika en poog dan om die leuens toe te smeer. Hierin is me Dennar medepligting want sy lieg vir die media en probeer die leuens toesmeer. Sy is ‘n LP en is vining om te sê die VF+ is ‘n Christen party met Christelike moraal…die vraag is, sal ‘n Christen so optree? Enige persoon sal verstaan dat hierdie optrede nie voldoen aan Bybelse moraal nie. Selfs ‘n persoon wat in geen god glo nie sal ook vind dat haar optrede nie pas by ‘n LP wat ‘n eed afgelê het tydens haar inhuldiging nie. Sy ondersteun en beskerm welwetende ‘n kriminele oortreding en deur daaroor te lief en te probeer toesmeer tree sy teenstrydig met die konstitusie van ons land op.
Hierdie artikel het in die Laevelder verskyn:
Die VF Plus se proporsionele verteenwoordigende raadslid, Freddy Robertson, het nie verklaar dat hy insolvent is voordat hy in sy pos in die Stad Mbombela (CoM) ingetree het nie.
Die VF Plus se woordvoerder, Heloïse Denner, het erken dat Robertson insolvent was, maar dat hy beweer het hy was toe onbewus daarvan. Laevelder is egter in besit van dokumente van 2019 wat wys hy is voor die 2021 plaaslike regeringsverkiesing insolvent verklaar en dat hy geweet het van sy situasie.
Denner het egter gesê: “Die party het die saak ondersoek en is tevrede dat Robertson nie geweet het van sy status ten tyde van die verkiesing nie en wel die nodige onthullings gemaak het.” Volgens haar is hy nou gerehabiliteer.
Denner het nie gereageer op Laevelder se vrae oor hoekom die VF Plus nie ‘n agtergrondondersoek gedoen het voordat hy tot die pos verkies is nie en of hy voor of na die verkiesing gerehabiliteer is nie. Sy het ook nie gesê hoekom, as Robertson nie geweet het hy is insolvent nie, hy nie dadelik bedank het toe hy uitvind nie, of hoekom, toe die party daarvan verneem het, hulle hom nie gevra het om dit te doen nie.
In plaas daarvan het sy gesê: “Volgens my vorige reaksie, beskou ons hierdie saak as afgehandel en sal geen verdere kommentaar lewer nie.”
Die Suid-Afrikaanse Grondwet bepaal dat geen openbare verteenwoordiger mag staan as daardie persoon insolvent verklaar word of totdat rehabilitasie deur die howe uitgeoefen is nie.
Die Komitee se munisipale bestuurder, Wiseman Khumalo, en speaker, William Nkatha, het teen tyd van publikasie nog nie op Laevelder se navrae oor die saak gereageer nie.