NELSPRUIT – Operasie Veiliger Feesseisoen/Vala Umgodi is op 24 Oktober 2024 in Sabie uitgevoer en dit het gelei tot die beslaglegging van ‘n AK-47 sowel as .38 Spesiale Rewolwer en ongeveer 1991 lewendige ammunisie. Danksy lede van die Lydenburg K9-eenheid in samewerking met Phoenix Sekuriteit-lede, na aanleiding van inligting wat ontvang is oor vermoedelik onwettige mynbedrywighede.
Die inligting het aangedui dat vermeende onwettige mynwerkers op een of ander manier by ‘n skietgeveg in Sabie betrokke was. By die ontvangs van sekere inligting het wetstoepassingsagentskappe vinnig ‘n plan gekoördineer om die situasie beslissend te hanteer. Toe die span die gebied nader, het die groep van ongeveer 20 vermeende mynwerkers begin terugtrek, en die twee vuurwapens en ‘n groot hoeveelheid ammunisie laat val terwyl hulle mekaar omgehardloop en gestamp het om ‘n arrestasie deur die formidabele span te voorkom.
Dit was in hierdie tyd toe die slim lede op die genoemde items beslag gelê het. ’n Ondersoek is geopen en die verdagtes wat by dié voorval betrokke was, is steeds op vrye voet.
Die SAPD het sedertdien ‘n soektog van stapel gestuur om hierdie individue op te spoor en voor die gereg te bring.
Die waarnemende provinsiale kommissaris van die SAPD in Mpumalanga, generaal-majoor (dr) Zeph Mkhwanazi, het die publiek gerusgestel dat die Polisie, in samewerking met ander wetstoepassingsagentskappe, daartoe verbind is om verhoogde sigbaarheid te handhaaf in gebiede waar onwettige mynbedrywighede voortduur. Die Generaal het verder beklemtoon dat pogings om onwettige mynbou aan te spreek sal voortduur totdat alle onwettige mynaktiwiteite tot stilstand kom.
“Ons wil net aankondig dat ons met hierdie bedrywighede sal voortgaan en selfs meer druk sal uitoefen terwyl ons ons impak beoordeel,” het die Generaal gesê.



