Soektog na vermiste Mosselbaai pa en dogter

Die polisie is op soek na ‘n Mosselbaaise pa en dogter wat meer as ‘n week gelede laas gesien is.

Wesley Twigg, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê Jacob Mare en sy negejarige dogter, Yaleen Mare, is op 14 Oktober laas gesien.

“Voorlopige inligting dui daarop dat Jacob op Maandag, 14 Oktober 2024 sy dogter by haar skool in Hartenbos gaan haal het en is sedertdien nog nie gesien nie.”

Hy het gesê die Mosselbaai-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, soek die hulp van die publiek om hulle op te spoor.

Enigiemand met enige inligting oor waar die egpaar is, word vriendelik versoek om die ondersoekbeampte ao Alistair Rezant van die Mosselbaai FCS-eenheid by 082 234 3557 of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui