Die NVG gaan nie voort met aanklagte teen Wouter Basson, voormalige chemiese wapenkenner van die SAW, nie – 19 Oktober 2005
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aangekondig dat hy nie ‘n nuwe vervolging van dr Wouter Basson, voormalige chemiese wapenkenner van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW), sal begin op die aanklagte wat oorspronklik deur die Pretoriase hooggeregshof tersyde gestel is nie. Makhosini Nkosi, NVG-woordvoerder, het gesê hul besluit is gegrond op die finale uitspraak wat die konstitusionele hof gemaak het.
Die konstitusionele hof het die uitspraak van die Pretoriase hooggeregshof en die hoogste hof van appèl bekragtig om die staat verlof om teen die uitspraak te appelleer te weier.
Basson is in die Pretoriase hooggeregshof vervolg en vrygespreek op verskeie aanklagte, insluitend sameswering om lede van bevrydingsbewegings te vermoor, wanbesteding van staatsfondse en handel in dwelms. Hy het geweier om by die Waarheids- en Versoeningskommissie om amnestie aansoek te doen en het volgehou dat hy nie amnestie nodig het nie, aangesien hy onskuldig was.
Verwysings
Nuus 24 Wouter Basson huisvry (19 Oktober 2005) [aanlyn] Beskikbaar by: www.news24.com [Besoek op 30 Oktober 2012]| City Press Wouter Basson se ontslagbod misluk ( 07 Januarie 2012) [aanlyn] Beskikbaar by: www.citypress.co.za [Besoek op 30 Oktober 2012]