Randse Afrikaanse Universiteit word gestig
18 Oktober 1966
Die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU), die tweede universiteit met sy setel in Johannesburg, is deur ‘n wet van die parlement gestig as die akademiese tuiste van Afrikaanssprekende studente. Deur sy akademiese uitnemendheid en relevansie het die Universiteit daarin geslaag om studente, akademici, donateurs en sakevennote uit alle gemeenskappe en taalgroepe te lok.
Na die herstrukturering van hoër onderwys wat deur die minister van onderwys, prof. Kader Asmal ingestel is, is die Universiteit met die Witwatersrand Technikon en die twee Vista-kampusse van Soweto en die Oos-Rand saamgesmelt om die Universiteit van Johannesburg (UJ) te vorm. UJ is amptelik op 1 Januarie 2005 bekend gestel. Dit spog nou met vier kampusse, Auckland Park Kingsway, Auckland Park Bunting, Doornfontein en Soweto. Die Universiteit het nou ongeveer 46 000 studente wat oor vyf kampusse regoor die stad versprei is.
Verwysings:
Potgieter, D.J. et al. (eds) (1970). Standard Encyclopaedia of Southern Africa, Volume 9. Kaapstad: NASOU. p.238|
UJ (2010). ‘Oor UJ’ van Universiteit van Johannesburg [aanlyn]. Beskikbaar by www.uj.ac.za[Besoek 8 September 2011]