Om beter te verstaan wat die gevolge van vermenging is, wil ek begin met Hosea 7:8-12
Die gedeelte verduidelik baie mooi hoe die HERE oor vermenging voel
Hos 7:8 Efraim—hy vermeng hom met die volke; Efraim is ‘n roosterkoek wat nie omgekeer is nie.
Hos 7:9 Vreemdes verteer sy krag, en hy bemerk dit nie; ook is grysheid oor hom uitgesprei, en hy weet dit nie.
Hos 7:10 Ja, die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en tog bekeer hulle hul nie tot die HERE hulle God nie, en ondanks dit alles soek hulle Hom nie.
Hos 7:11 So het Efraim dan geword soos ‘n onnosele duif sonder verstand; hulle roep na Egipte, hulle gaan na Assur.
Hos 7:12 Wanneer hulle gaan, sal Ek my net oor hulle uitsprei; soos die voëls van die hemel trek Ek hulle neer; Ek tugtig hulle soos in hulle samekoms aangekondig is.
Dit is baie duidelik dat die gedeelte ons baie ernstig vermaan oor die gevolge van vermenging. Daar word ook ernstig vermaan oor die gevolge van vermenging met ander volke.
Het ons as volk nie ook soos ’n “onnosele duif sonder verstand” geword nie?
Is die vreemdes nie besig om ons volk se krag te verteer nie?
Is ons “trots” nie ook besig om teen ons te getuig nie?
Is ons as volk nie ook vêr verwyder van God nie?
Is ons nie besig om ons hoop op aardse lande en vorste te plaas nie?
Is ons nie dalk besig om die tug van ons samekomste te verontagsaam nie?
Die Bybel leer tog dat as ons gesamentlike ontwikkeling met die volke voorstaan dat ons hulle werke gaan aanleer en dat ons later net soos hulle gaan raak. Is ons as volk se morele verval dan nie ’n duidelike bewys daarvan nie? Is ons as volk nie besig om die werke van die ander volke aan te leer nie?
Werke soos moord, Bedrieglike dade, Oneerlikheid, Magsbeheptheid, Hebsug, Gierigheid, Woekerwins en baie meer.
Groot korporasies wat hul self verryk terwyl ons as volk uitgesuig en verarm word. Ons as volk word finansieel en geestelik uitgewis. Is dit nie dalk die gevolge van vermenging nie? Is dit nie dalk die gevolge van ons wederstrewigheid teenoor die wil van God nie? Ons word vervreem van ons erfenis. Is dit nie dalk die gevolge van ons geloofs- verlamming nie?
Wanneer sal ons as volk ons bekeer van die heidense werke? Wanners sal ons as volk ons weer ons aangesig tot God keer? Wanneer sal ons as volk besef dat ons op ’n pad van verderf is?
As ‘n antwoord wil ek wil afsluit met Efesiërs 5:14 “Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.”
Die antwoord is baie duidelik. Solank ons deur die leuen se mooi woorde aan die slaap gesus bly sal ons omstandighede nooit verander nie! Solank ons geestelik “slaap” kan ons nie verlossing verwag nie.
Die laaste deel van die vers is dat “Christus sal oor jou skyn” is die belofte wat gemaak is van die gevolge van wat sal gebeur wanneer ons tot inkeer kom.