Ontvoerde slagoffer gered en trio gearresteer

Die waaksaamheid van Krugersdorp Vispol-lede het vrugte afgewerp toe hulle op 1 Oktober 2024 ’n beweerde ontvoerde slagoffer gered en drie verdagtes in hegtenis geneem het.

Daar word berig dat twee sersante vanaf die Leratong-hospitaal gery het toe hulle ‘n voertuig opgemerk het wat verdag lyk. Toe hulle die voertuig probeer stop het, het een van die insittendes ‘n vuurwapen gerig en die lede het teruggeskiet wat daartoe gelei het dat die verdagtes hul voertuig gestop het.

By soektog het die polisie twee verdagtes en een man met sy hande aan die rug vasgemaak gevind. Daar is later vasgestel dat die slagoffer die oggend by Centurion gekaap en ontvoer is.

Voorlopige ondersoek het die polisie na die derde verdagte in Naledi gelei wat in besit van die slagoffer se gekaapte bakkie gevind is.

Die slagoffer is gered en al drie verdagtes is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort voor die hof verskyn op aanklagte van poging tot moord, ontvoering, kaping en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui