Die polisie arresteer ‘n buitelandse vreemdeling met vermoedelik gesteelde voertuig in Pietersburg

Die polisie in Limpopo het ‘n buitelander in hegtenis geneem nadat hy Vrydag in Pietersburg betrap is dat hy ‘n vermoedelik gesteelde voertuig bestuur het.

Die Limpopo SAPD Provinsiale Anti-Smokkeltaakspan het ‘n wenk ontvang oor ‘n gesteelde voertuig wat deur die provinsie landuit gesmokkel gaan word.

Polisiewoordvoerder, kolonel Malesela Ledwaba, het gesê die verdagte is as ‘n Zimbabwiese burger geïdentifiseer.

Hy is gevang waar hy in ‘n wit Toyota Fortuner op die N1-hoofweg naby die Peter Mokaba-stadion gery het.

“Die 33-jarige verdagte is vasgetrek vir die besit van ’n vermoedelik gesteelde motorvoertuig en oortreding van die Immigrasiewet tydens die teensmokkeloperasie.

“Voorlopige polisieondersoeke het aan die lig gebring dat die voertuig Woensdag in die Alberton-omgewing in Gauteng as gesteel aangemeld is,” het Ledwaba gesê.

Limpopo-polisiekommissaris, luitenant-generaal Thembi Hadebe, het die inhegtenisneming verwelkom en die polisie geloof vir die herwinning van die gesteelde voertuig.

Die verdagte sal Maandag in die Polokwane-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ‘n vermoedelik gesteelde motorvoertuig, oortreding van die Immigrasiewet en die bestuur van ‘n motorvoertuig sonder ‘n geldige rybewys.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui