Die polisie lê beslag op perlemoen ter waarde van meer as R2 miljoen op N1 naby Worcester

WES-KAAP – Twee perlemoensmouse is deur SAPD-lede op die N1 nasionale pad naby Worcester in twee afsonderlike voorvalle gearresteer voordat die hoogs gewaardeerde skulpvis sy voorgenome bestemming kon bereik.

By die eerste voorval het lede verbonde aan K9 Breederiver, Provinsiale Misdaadintelligensie, Kuilsrivier STESU in samewerking met Provinsiale Verkeer en Departement van Bosbou, Visserye en Omgewingsake lede ‘n 39-jarige man in hegtenis geneem vir die besit van perlemoen sonder permit tydens ‘n geïntegreerde operasie op Dinsdag, 10 September 2024.

Die lede het inligting opgevolg wat ontvang is van ‘n vragmotor wat perlemoen vanaf Kaapstad op die N1 nasionale pad vervoer het. Hulle het vinnig ‘n Vehicle Check Point (VCP) op die N1-pad naby Meiringspark, Worcester, opgerig. Die geïdentifiseerde vragmotor is deur Traffic opgemerk en afgetrek, gevolg deur ‘n deursoeking van die vragmotor en sy vrag.

Perlemoen is in die kajuit van die vragmotor gevind deur K9 Layla, ‘n beskermde spesie-opsporingshond. Verdere soektogte is deur Layla gedoen, wat daartoe gelei het dat nog sakke in ‘n kompartement wat aan die buitekant van die vragmotor vasgemaak is, ontdek is.

‘n Totale bedrag van 4582 gedroogde perlemoen met ‘n geraamde straatwaarde van R2 miljoen is deur die lede gekonfiskeer.

Op dieselfde dag is inligting ontvang van nog ‘n vragmotor wat ook perlemoen vanaf Kaapstad vervoer het. Worcester Anti-Gang Unit (AGU) het op die inligting gereageer en die vragmotor op die N-1 afgetrek. Die lede het ‘n soektog gedoen en 960 gedroogde perlemoen ter waarde van R468 105,00 binne die kajuit van die vragmotor ontdek. Hulle het daarna ’n 41-jarige man vir die besit van perlemoen gearresteer.

Beide verdagtes moet op 12 September 2024 in die Worcester-landdroshof verskyn op die genoemde aanklagte.

Wes-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Thembisile Patekile, het die betrokke lede toegejuig vir hul waaksaamheid, uitstaande toewyding en toewyding wat gelei het tot die arrestasies en konfiskering van die perlemoen.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui