’n Kaapstadse gesin is gered nadat hulle vir ‘n losprys ontvoer is. ’n Verdagte wat vermoedelik deel is van ’n sindikaat is gearresteer.
’n Vermeende lid van ’n sindikaat in die Wes-Kaap is in hegtenis geneem en sal Maandag in die hof verskyn vir die ontvoering van ’n Kaapse gesin.
Op 24 Augustus is ‘n Kaapse gesin van vier ontvoer nadat hulle Kuilsrivier in ‘n voertuig verlaat het.
Ao. Zinzi Hani, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die gesin was op pad na die Helderstroom-gevangenis in Caledon, waar die pa as ‘n tronkbewaarder werk.
Die voertuig wat hulle bestuur het, is egter later verlate in Endlovini, Khayelitsha, gevind.
“Die ontvoerders het ‘n losprys van R100 000 per persoon, altesaam R400 000, van die familie se broer geëis. Hulle het hom opdrag gegee om nie die polisie te betrek nie,” het Hani gesê.
Gelukkig is die gesin in die vroeë oggendure van 25 Augustus 2024 omstreeks 04:30 vrygelaat deur ‘n multi-dissiplinêre teen-ontvoering taakspan, bestaande uit die Valke Ernstige Georganiseerde Misdaad Ondersoekeenheid, Provinsiale Georganiseerde Misdaad, Gyselaar Onderhandelingspan, en Misdaad Intelligensie naby Philippi-Oos.
Hani het gesê ‘n polisievoertuig van Philippi-Oos het die gyselaars gesien en hulle ‘n saamrygeleentheid na die Kuilsrivier-polisiestasie gegee.
’n 34-jarige verdagte wat vermoedelik lid is van ’n sindikaat wat vir die ontvoering verantwoordelik is, is Donderdag in hegtenis geneem.
Die verdagte sal sy eerste verskyning op Maandag, 9 September 2024, in die Paarl-landdroshof maak.
Die polisie het gesê nog arrestasies is op hande.