Die boer en veiligheidswag wat vir die beweerde moord op twee mans in hegtenis geneem is, bly ná gister se hofverskyning in aanhouding.
Volgens die provinsiale mediawoordvoerder van die SAPD, kol. Donald Mdhluli, is die mans in hegtenis geneem omdat hulle na bewering twee mans aangerand het. Die beskuldigdes het die slagoffers daarvan beskuldig het dat hulle skape gesteel het, wat tot hul dood gelei het.
Daar word gesê dat die SAPD ‘n ondersoek doen “omdat die oorskot van die twee slagoffers nog nie gevind is nie”.
Die verklaring lui verder dat die slagoffers na bewering onherkenbaar verbrand is, en dat die SAPD gister na die plaas is om die as te gaan haal wat vir forensiese toetsing gestuur sal word.
- Reinardt Steyn en Dumisani Chriswell Masilela het voor die Middelburg-landdroshof verskyn waar hul borgtogaansoek tot 5 September uitgestel is. Hulle bly in aanhouding.