Die Valke het ‘n man gearresteer wat daarvan beskuldig word dat hy beleggers van meer as R23 miljoen in ‘n beweerde bedrieglike beleggingskema beroof het.
Kaptein Lloyd Ramova, woordvoerder van die Valke, het gesê daar word beweer dat Jaco Botha (42) verskeie mense gekry het om geld by sy maatskappy Steadfast (Edms) Bpk te belê en hulle mettertyd hoërente-opbrengste belowe het, iets wat nooit gerealiseer het nie.
Dit het na bewering tussen April en Julie 2023 plaasgevind.
“Die ondersoek deur die Valke het aan die lig gebring dat Botha se maatskappy nooit by die Finansiële Sektor Gedragsowerheid (FSCA) geregistreer was as ‘n finansiële instelling, gelisensieër is om beleggings te doen nie, en ook nie gemagtig was om deposito’s van die publiek te neem nie, wat ‘n oortreding van die Bankewet en die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste (FAIS),” het Mogale gesê.
“‘n Saak wat die Edenpark-polisiestasie aanhangig gemaak is, is in Oktober 2023 geregistreer. ‘n Lasbrief vir inhegtenisneming is behoorlik gemagtig, en Botha is Maandag in Riversdal, Wes-Kaap, opgespoor en in hegtenis geneem.”
Botha het Maandag in die Riversdal-landdroshof verskyn en die saak is op 2 September na die Palm Ridge-landdroshof oorgeplaas vir ‘n borgverhoor.