Die Demokratiese Alliansie het ‘n dringende aansoek by die hooggeregshof geloods om twee mosies van wantroue teen Cilliers Brink, burgemeester van Tshwane, onwettig te laat verklaar.
Met die ANC-mosie op hande, het die DA Donderdag stukke by die Gautengse hooggeregshof in Pretoria ingedien.
Die DA voer aan dat die twee mosies, gedateer 22 Julie en 27 Augustus, asook die speaker se besluit om toe te laat dat die mosies ingedien word, ongrondwetlik, onwettig en ongeldig is.
Intussen het die ANC in die raad gevra vir ‘n koukus om hul regspan te ontmoet aangesien hulle pas die regsdokumente ontvang het.