Wat gaan aan met ons volk – Hoekom staan ons nie saam nie

Uit die pen van Volkskrag Nuusredakteur

Baie mense loop met die woorde “ons kan nie saamstaan nie” op die mou. Elke moontlike poging word daardeur ondermyn.

Daar is verskeie redes hoekom ons as volk ernstig verdeeld is. Die eerste is sogenaamde leiers van sogenaamde organisasies wat ons op ons knieë hou ter eie gewin. En ja daar is baie van hulle.

Die volk volg daardie organisasies oor die “goeie dade” wat hulle doen dit. Wat nie besef word nie is dat daardie “goeie dade” slegs ter advertensie is. Hulle poog om ons as volk onder te hou sodat hulle ons kan melk vir eie gewin.

Skep onderwys instellings  wat onder die vaandel van omgee gebou is maar studente moet astronomiese bedrae betaal om daar te studeer.

Die tweede probleem is sleutelbord ridders. “Ons kan nie saamstaan nie” maar hulle doen hoegenaamd niks om saamstaan te bevorder nie.

Dit is ’n baie gevaarlike ding om te verkondig omdat JY die negatiwiteit nog verder bevorder. Jy kies die maklike uitweg deur te sê “ons kan nie saamstaan nie”! Jy speel in die vyand se hand en bevorder ons ondergang! Jy is ’n groter gevaar as die grootste vyand!

So lank as wat ons mense blindelings gaan volg wat verdeeldheid bevorder gaan ons bly waar ons is! Solank ons gaan verkondig “Ons kan nie saamstaan nie” sal ons nooit eenheid vorm nie.

HOU OP OM VERDEELDHEID TE STIG!

Ons kan nie meer bekostig om ons op leuens te verdeel nie! Soek die waarheid. Soek geregtigheid en maak jul oë oop en sien wat om julle aangaan!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui