Dwelmverslaafdes, haweloses teiken watermeters

MIDDELBURG – Kort-kort word daar ‘spuitfonteine’ voor huise gesien, waar booswigte watermeters uitruk vir koper.

Diewe spits hulle die afgelope maand spesifiek op watermeters toe en kort-kort word ‘spuitfonteine’ voor huise gesien.

’n Omgekrapte Willem Kies (voorsitter, gemeenskapspolisiëringsforum, Sentrale Sakegebied) het gemeld dat daar in die vroeë oggendure by drie huise toegeslaan is in Sentraal.

Twee huise in Jeppestraat (oorkant mekaar) en een in Bhimy Damane het deurgeloop.

Verlede week is watermeters in Boncker-, Rivier en Jeppestraat gesteel.

Sowat ’n maand gelede is daar binne ’n paar ure vier watermeters tussen Kanonkop en Dennesig gesteel.

’n Paar dae later is daar toegeslaan in Mineralia en nou is dit Sentraal.

Glo dwelmverslaafdes en haweloses is die skuldiges

• Willem glo dit is dwelmverslaafdes en ander haweloses wat hulle toespits op die koper van die watermeters.

“Hulle lê en slaap en dan kry hulle koud en plunder die watermeters om geld te kry vir dwelms. Hulle kry tot R600 per meter!”

Hy het gemeld dat die probleem met dwelmverslaafdes en haweloses verdubbel het sedert die Covidtyd.

“’n Mens weet nie meer waarheen met hulle nie. Hulle maak groot skade. Waar twee of drie slaap, is daar die volgende oggend watermeters of goed uit erwe of motorhuise gesteel.”

• Die ouer koperwatermeters wat geplunder word, word deur die munisipaliteit vervang met plastiekmeters om verdere diefstalle te voorkom.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui