Mej SA 2023 Natasha Joubert het amptelik die kroon aan die nuwe koningin oorhandig.
Mia le Roux, ’n model- en bemarkingsbestuurder van Oudtshoorn in die Wes-Kaap, is as Mej Suid-Afrika 2024 gekroon.
Die gesogte geleentheid het Saterdag, 10 Augustus, by Sun Bet Arena by Time Square, Menlyn, Tshwane, plaasgevind.
Le Roux, wat ook ‘n deeltydse BCom Bemarking-student is, het as wenner uit die stryd getree nadat sy teen nege ander finaliste meegeding het: Layla Zoubair, Lebohang Khoza, Nompumelelo Maduna, Onalenna Constantin, Ontshiametse Tlhopane, Palesa Lombard, Taahira Katz, en die modelle Kirsten Khan en Kebal Ramafoko.
Khan en Ramafoko het hul plekke in die top 10 verseker ná die onttrekking van deelnemer Chidimma Adetshina.
Le Roux, gebore in Sasolburg, Vrystaat, is op eenjarige ouderdom met ernstige gehoorverlies gediagnoseer.
Sy erken haar gemeenskap se ondersteuning om haar in staat te stel om die nodige behandeling te ontvang was ‘n reis wat haar gemotiveer het om hindernisse te breek en ‘n positiewe impak te maak.
Die 28-jarige se reis na die kroon is gekenmerk deur haar indrukwekkende vertoning in ‘n TV program Crown Chasers, wat agtereenvolgende oorwinnings ingesluit het.
Crown Chasers bied ‘n binneblik van wat dit verg om aan die Mej Suid-Afrika-kompetisie deel te neem, en wys die uitdagings en toewyding wat nodig is om die titel te verdien.
Met haar nuwe rol as Mej Suid-Afrika 2024, het Le Roux gesê sy beoog om haar platform te gebruik om voort te gaan om ander te inspireer en te pleit vir verandering en inklusiwiteit.