Daar word beweer dat verdagtes nabootsende e-posse gebruik het om ‘n bestuurder te mislei om betalings aan hul maatskappye te maak
Twee vroue en ‘n man staar kubermisdaadverwante aanklagte in die Palm Ridge-landdroshof in die gesig omdat hulle hulslef na bewering as ‘n amptenaar voorgedoen het en bedrieglike e-posse gebruik het om onbehoorlike betalings aan te vra.
Die drietal is op Dinsdag 6 Augustus in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery.
Okoro Uka, Selena Maugane en Phumzile Nxumalo het na bewering saamgesweer om ‘n maatskappy van R2 miljoen te bedrieg deur e-posse te gebruik wat hul identiteite wanvoorstel. Hulle het na bewering die kurator van ‘n maatskappy nageboots deur in Januarie 2021 ‘n versoek om betaling aan die maatskappy se finansiële bestuurder te stuur. Die versoek was dat R1,5 miljoen aan Pmalo Investments betaal word en ‘n verdere R500 000 aan RMaugane Investments.
Hierdie bedrieglike transaksies is in Februarie ontbloot toe bewys van betalings aan die kurator gelewer is. Dit is aan die lig gebring dat hierdie betalingsversoeke bedrieglik was,” het kolonel Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, bevestig.
Kubermisdade word geklassifiseer as enige kriminele aktiwiteit wat rekenaars, die internet of toestelle wat aan aanlynnetwerke gekoppel is, gebruik.
Die drie is in aanhouding en sal weer op 13 Augustus in die Palm Ridge-landdroshof verskyn terwyl hulle na regsverteenwoordigers soek.