VIDEO: Witkruis Monument – Hester Labuschagne – Antwoord op Devon se video

Verklaring uitgereik deur: Hester Labuschagne van die Witkruis Monument

Ek wil graag my kant van die storie stel. Dit t.o.v. die bewerings wat Devon Hofmeyr op Tiktok gemaak het gisteraand. Dit nadat ek sy hulp en Toekoms front van Louis Liebenberg se geld van die hand gewys het.

Sien Devon Hoffmeyr se vidio:

 Ja Devon het my gekontak en hy het hulp aangebied. Ek het dit van die hand gewys want almal weet dat daardie geld wat hy aanbied eintlik aan Louis Liebenberg behoort.

 Ek sukkel eerder voort met geloof en ñ skoon gewete as om geld van sulke omstrede persone te aanvaar en die Witkruis Monument dalk so te benadeel.

My ma het 18 jaar lank die kruise hanteer met eerlike geld. Sy het groente aangekoop met haar pensioen en verkoop uit haar bakkie uit in die warm son daagliks om fondse te bekom om te doen wat sy voor ñ passie gehad het.

Hoe kan ek wat haar dogter is haar harde werk en respek wat sy vir jare opgebou het by ons Boere, en my siel verkoop vir geld?

Ek het nie veel nie maar ek het ñ gewete en ek het respek en liefde vir my medemens en vir elke familie wat deur  ñ plaasaanval geraak is. Ek weet hoe dit voel, ek ken daai vrae ek ken daai seer al vir 24 jaar. Ons het dit beleef. Ek huil saam met daardie mense elke keer wanneer daar n aanval is.

Ek voel jammer vir Devon want hy is nie n slegte ou nie hy het net slegte keuses geneem in sy lewe en dit kos hom nou duur.

Ek stel nie belang aan die politiek en enige iets wat met bogenoemdes te doen het nie.

Ek stel nie belang aan miljoene nie en ook nie hoeveel duisende mense daar gaan wees nie. Dit gaan oor daai 34 slagoffers wie se kruise ons plant en hulle families.

Witkruis sal NIE ñ politieke geveg word nie. Dit gaan nie oor ‘n persoon wat watookal gedoen het of bygedra het nie. Dit is nie myne nie dit is nie joune nie. Dit is ons Boere, ons Volk se kleinood.

Groete Hester.

2 thoughts on “VIDEO: Witkruis Monument – Hester Labuschagne – Antwoord op Devon se video

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui