Oliestorting sluit N1-hoofweg naby Soweto

Die olietenkwa het Woensdagoggend sy vrag verloor net ná die Diepkloof-wisselaar, naby Soweto.

Motoriste is gewaarsku om erge verkeersopeenhopings op die N1-Noord te verwag ná ‘n oliestorting op die snelweg,

Na verneem word, het ‘n vragmotor wat olie vervoer Woensdagoggend sy vrag verloor net ná die Diepkloof-wisselaar, naby Soweto.

Xolani Fihla, woordvoerder van die Johannesburgse Metropolitaanse Polisiedepartement (JMPD), het gesê alle bane is huidiglik gesluit weens die storting van die olietenkwa.

Alternatiewe roetes
“Verkeer word herlei na die Rand Show Road-afrit en terug na die N1-Noord. Verwag aansienlike vertragings. Motoriste word versoek om versigtigheid en geduld aan die dag te lê en te oorweeg om alternatiewe roetes te gebruik om die gebied te vermy.

“City of Johannesburg Emergency Management Services en Johannesburg Metropolitan Police Department (JMPD) is op die toneel terwyl spanne die storting skoonmaak. Verdere opdaterings oor die situasie sal verskaf word,” het Fihla gesê.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui