Die polisie het ook agt ontvoerders in hegtenis geneem, insluitend drie Tanzaniërs.
Die polisie het Woensdagaand ‘n sakeman gered en agt ontvoerders, insluitend drie Tanzaniërs, in Johannesburg gearresteer.
Die sakeman is na verneem word op 5 Julie by ‘n moskee in Helderkruin, Roodepoort, ontvoer.
Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, sê die sakeman is by ‘n huis in Lenasia gered.
“Die SAPD se teenontvoeringstaakspan het aan die saak gewerk en die eerste twee verdagtes verlede week in hegtenis geneem.
“Op Woensdag, 31 Julie het intelligensie die multidissiplinêre span na ‘n hotel in East Gate en twee woonstelle in Fourways gelei waar hulle ses verdagtes gearresteer en beslag gelê het op dwelms wat vermoedelik crystal meth ter waarde van R300 miljoen is,” het Mathe gesê.
Nasionale polisiekommissaris-generaal Fannie Masemola en ander topkopers insluitende adjunk nasionale kommissaris vir misdaadopsporing luitenant-generaal Shadrack Sibiya en Gautengse polisiekommissaris luitenant-generaal Tommy Mthombeni het Woensdag die misdaadtoneel besoek.
Masemola het gesê die polisie is hard besig om die werk van transnasionale georganiseerde misdaadsindikate af te breek.
“Welgedaan aan die span. Ons manne en vroue in blou bly hard aan die werk om sindikate wat betrokke is by die smokkel en handel in dwelms hok te slaan. Prysenswaardige vordering is die afgelope weke geregistreer en ons is daardie suksesse te danke aan ons toegewyde polisiebeamptes en ons vennote in misdaad, insluitend private sekuriteit.
“Ons sal voortgaan om agter diegene aan te kom wat betrokke is by die onwettige handel van dwelmhandel,” het Masemola gesê.
Die nasionale polisiebaas sal na verwagting die nasie Donderdagoggend inlig oor operasies wat regdeur die land aan die gang is om alle vorme van misdadigheid hok te slaan.
Verlede maand is een ontvoerder geskiet en dood, en nog een gewond tydens ‘n reddingsoperasie deur die polisie se elite Spesiale Taakmag in Crystal Park, oos van Johannesburg.
Vyf ander ontvoerders is ook tydens die operasie in Benoni in hegtenis geneem.
Die twee ontvoerde slagoffers is veilig met hul families herenig. Mathe het gesê die mans, onderskeidelik 64 en 34 jaar oud, is albei ontvoer terwyl hulle Sondag langs Putfonteinweg in Crystal Park gery het.
Mathe het gesê dat meer as 50 ontvoerders die afgelope ses maande in Gauteng, Noordwes, Mpumalanga en Vrystaat in hegtenis geneem is.