Tiende “polisieman” toegesluit ná aanval op sakeman in Durban

Altesaam tien polisiebeamptes (Misdadigers in uniform) is nou reeds in hegtenis geneem in verband met die aanval op ʼn Durbanse sakeman.

Kapt. Pedro Miguel Rodriguez (43) is Maandag in hegtenis geneem, het in die Pinetown-landdroshof verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Volgens Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is Rodriguez nou eers in hegtenis geneem aangesien hy in die buiteland was.

Hy is die tiende polisiebeampte om in hegtenis geneem te word ná die aanval op Thabiso Ngcobo. “Daar word beweer dat Ngcobo op 30 Mei deur polisiebeamptes afgetrek is terwyl hy met die M13 naby Pinetown gery het. Die polisiebeamptes het na bewering op sy motor losgebrand toe hy geweier het om sy motorvenster oop te maak nadat hy opdrag gekry het om dit te doen.”

Die ander nege beamptes is reeds drie weke gelede in hegtenis geneem en is almal op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

Die beamptes staan tereg op aanklag van poging tot moord. Hulle moet weer op 20 Augustus in die hof verskyn.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui