Deurbraak – Ontvoering van ‘n minderjarige by ‘n hoërskool in Kriel, Mpumalanga op hierdie week:

Vier verdagtes ‘n vrou en drie mans het ‘n hoërskool in Kriel besoek.

Met sy aankoms by die skool het die vroulike verdagte die skool binnegegaan terwyl haar makkers in die voertuig gebly het.

Sy het ‘n leerder gebel en haar gevra om die slagoffer te gaan bel en haar ook in te lig dat haar ma siek is.

Die slagoffer het aangehardloop gekom, en hulle het vir haar gesê dat hulle gestuur is om haar te gaan haal.

Die slagoffer het die voertuig binnegegaan en hulle het weggejaag.

Hulle het beweer dat die ma van die slagoffer hulle skuld. Hulle het ‘n paar oproepe begin maak en R200 000.00 losprys geëis.

Die klaagster, wat ‘n sakevrou is, het aan hulle gesê dat sy nie die geëisde losprys het nie, maar slegs R9000.00 het.

Sy het drie bankrekeninge gekry om die geld deur kontantstuur te deponeer.

Nadat die geld gedeponeer is en die verdagtes die fondse onttrek het.

Die saak is aangemeld by die polisie en alle rolspelers, Direktoraat van Prioriteitsmisdaadondersoek se Middelburg-gebaseerde Ernstige Georganiseerde Misdaadondersoek, Kriel SAPD, Nkangala Distrik, East Rand High Way Patrol, K9 East Rand, Middelburg Highway Patrol, Graphite Security Company en die SAPD ‘ selfmoord en gyselaar onderhandelaar het vinnig gereageer.

Voorlopige ondersoeke is gedoen.

Die voertuig van die verdagtes is by die omgewing uitgeken waar hulle die geld onttrek het.

Ondersoek het die span na Vorsloorus in Gauteng gelei waar die vier verdagtes in hegtenis geneem is.

Die slagoffer is ook ongedeerd gered.

Die losprysgeld is teruggevind.

Verdere ondersoek het die span na Kriel gelei waar nog drie verdagtes, ‘n vrou en twee mans ook gearresteer en aangehou is.

Die sewe verdagtes het op Donderdag, 25 Julie 2024 voor die Kriel-landdroshof verskyn.

Die saak is tot Maandag, 29 Julie 2024 uitgestel vir regshulp en private prokureurs se aanstelling. Ondersoek duur voort

Die provinsiale hoof van die Valke, generaal-majoor Gerber, het die werk wat die span gedoen het, waardeer. Hy het die span geprys vir vinnige optrede en die hereniging van die gesin.

@SAPolisiediens

#CrimeWatch

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui