DURBAN – ’n Vermeende OTM-bomverdagte is in hegtenis geneem terwyl nog een noodlottig gewond is in skietgeveg met die polisie in Esikhaleni in die vroeë oggendure van Donderdag, 25 Julie 2024.
Die polisie het gereageer op berigte van ‘n OTM-bomaanval by ‘n winkel in Esikhaleni en vinnige ondersoeke het gelei tot die arrestasie van die bestuurder van die verdagtes se wegkomvoertuig.
Nog ‘n voertuig wat die verdagtes gebruik het, is in Madlankala-omgewing opgemerk en met die verdagtes wat versuim het om wettige instruksies van die polisie te gehoorsaam en op die beamptes geskiet het, het ‘n skietgeveg ontstaan wat daartoe gelei het dat een verdagte noodlottige skietwonde opgedoen het. ’n Vuurwapen is in sy besit gevind.
’n Soektog is tans aan die gang by die nabygeleë suikerrietplaas waar ander verdagtes raakgeloop het toe hulle arrestasie vrygespring het.