OPDATERING – Plaasmoord Cullinan – Verdagte is vasgetrek

Saamgestel deur: Warrant-Officer Johan van Dyk Pretoria Communication Coordinator

MEDIAVERKLARING – SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS

KANTOOR VAN DIE WAARNEMENDE DISTRIKKOMMISSARIS VAN PRETORIA, BRIGADIER SAMUEL THINE

Datum: 2024-07-25

CULLINAN PLAASMOORDVERDAG GEVANG

Cullinan SAPD het ‘n 35-jarige man in hegtenis geneem vir die moord op ‘n bejaarde persoon en die aanranding van sy vrou, wat haar in ’n bedenklike toestand in die hospitaal gelaat het.

‘n Distrik taakspan, bestaande uit speurders en lede van Cullinan SAPD, is Saterdag, 2024-07-20, geaktiveer en het pogings begin om die verdagte op te spoor en vas te trek ná die plaasaanval.

Deur die ondersoek van alle leidrade en inligting wat van die gemeenskap ontvang is, is verdagtes geïdentifiseer wat moontlik betrokke was by die moord en aanranding van die bejaarde egpaar. Die span is na die woning van een verdagte gelei, waar hy opgespoor en gearresteer is.

’n Soektog in die verdagte se huis het eiendom en ’n vuurwapen van die slagoffers ontdek.

Die ondersoek duur voort om alle leidrade te volg en alle verdagtes voor die gereg te bring.

Die verdagte sal binnekort voor die Cullinan-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, huisroof, aanranding met die doel om ernstig te beseer, en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

Brigadier Thine prys alle lede vir hul toewyding en harde werk om die oortreder voor die gereg te bring.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui