Ontvoering ‘baasbrein’ word borgtog in Nelson Mandelabaai geweier

Die man wat na bewering die brein agter die ontvoering van twee Nelson Mandelabaai-besigheidseienaars was, is Woensdag borgtog in die Port Elizabeth-landdroshof geweier. Hy was op parool nadat hy ‘n moordvonnis uitgedien het ten tye van die ontvoerings.

Die landdroshof in Port Elizabeth het ‘n borgtogaansoek van die man wat glo die meesterbrein agter ‘n vlaag ontvoerings in die Nelson Mandelabaai-metro is, van die hand gewys.

Mnyamezeli Lakhona Tete (59) is op 9 Junie 2024 deur die Valke wat saam met provinsiale misdaadintelligensie en die Makhanda-honde-eenheid gewerk het, in hegtenis geneem.

Sy medebeskuldigde Mzoxolo Eric Grwayibana (38) is op 23 Mei 2024 op borgtog van R3 000 vrygelaat.

Daar word beweer dat die twee betrokke was by die ontvoering vir ‘n losprys van Rodney “Running” Chen op 5 April 2024. Chen is met ‘n vuurwapen uit sy North End-voorruitbesigheid ontvoer en in ‘n Opel Mokka-voertuig gedwing. Die ontvoerders het toe Chen se selfoon gebruik om sy ma te bel en ‘n losprys vir sy terugkeer te eis.

Hy is ses dae ná sy ontvoering in die middel van die nag in Kariega, sowat 30 km van waar hy geneem is, deur die polisie gevind.

’n Toyota Fortuner, wat vermoedelik in dié ontvoering gebruik is, is later gevind en daar is beslag gelê op die voertuig by ’n plaaslike motorwassery. Daar is ook op ’n Audi A4 by Tete se huis in Motherwell beslag gelê.

“’n Intelligensie-gedrewe ondersoek deur die gesamentlike span het aan die lig gebring dat die slagoffer in drie verskillende adresse in Port Elizabeth aangehou is. Ondersoeke het gelei tot die arrestasie van een van die verdagtes by een van die adresse. Tete is op 9 Junie 2024 in hegtenis geneem en hy het op 12 Junie 2024 sy eerste verskyning voor die Port Eliabeth New Law-hof gemaak,” het ao Ndiphiwe Mhlakuvana gesê.

Die hof het verder gehoor dat Tete op die vlug geslaan het, maar intelligensiebronne het gesê hy is in Fort Beaufort gesien.

“Die verdagte is 3 km van Fort Beaufort afgetrek waar daar berig is dat hy uit die motor gespring het in ‘n poging om sy arrestasie te ontduik. Hy het na bewering in die nabygeleë bosse ingehardloop waar hy later aangekeer is,” het Mhlakuvana gesê.

Hy het gesê Tete het sy vrou en familielede in die motor gelos toe hy van die polisie weggehardloop het.

Tete word glo ook verbind met die ontvoering van Sonam Gajjar (34) in Maart 2024. Sy is twee dae nadat sy ontvoer is ongedeerd vrygelaat. Ten tye van die ontvoerings was Tete op parool nadat hy ‘n vonnis vir moord uitgedien het.

Die provinsiale hoof van die Valke, generaal-majoor Mboiki Obed Ngwenya, het gesê hy waardeer die gesamentlike poging van die span om te verseker dat Tete borgtog geweier word.

Senzo Mchunu, minister van polisie, het Nelson Mandelabaai Sondag besoek om belanghebbendes te ontmoet wat bekommerd is oor uiters hoë vlakke van misdaad in die metro.

Gary van Niekerk, uitvoerende burgemeester van Nelson Mandelabaai, het gesê Mchunu het belowe dat die polisiemag met aansienlike getalle versterk sal word, maar wag om presies te hoor met hoeveel lede die getalle sal groei van die polisiekommissaris.

Die HUB van die Nelson Mandelabaai Sakekamer, Denise van Huyssteen, het gesê die veiligheids- en sekuriteitsituasie in die metro is buite beheer.

“Daar is regoor die land baie gefokus met die verskillende belanghebbendes wat saamwerk om die elektrisiteit- en logistieke uitdagings aan te spreek, en in hierdie verband was dit aangenaam om te sien dat vordering op hierdie sleutelgebiede gemaak word.

“Absolute dringendheid en fokus moet nou op nasionale, provinsiale en plaaslike vlakke ontplooi word om die baie ernstige veiligheids- en sekuriteitskrisis in die land aan te spreek. Die onaanvaarbare hoë armoede- en werkloosheidsvlakke is ongetwyfeld sleutelfaktore wat hierdie situasie beïnvloed, maar dit is nie ‘n verskoning om toe te laat dat misdaad voortduur nie.

Die landdroshof in Port Elizabeth het ‘n borgtogaansoek van die man wat glo die meesterbrein agter ‘n vlaag ontvoerings in die Nelson Mandelabaai-metro is, van die hand gewys.

Mnyamezeli Lakhona Tete (59) is op 9 Junie 2024 deur die Valke in hegtenis geneem wat saam met provinsiale misdaadintelligensie en die Makhanda-honde-eenheid gewerk het.

Sy medebeskuldigde Mzoxolo Eric Grwayibana (38) is op 23 Mei 2024 op borgtog van R3 000 vrygelaat.

Daar word beweer dat die twee betrokke was by die ontvoering vir losprys van Rodney “Running” Chen op 5 April 2024. Chen is met ‘n vuurwapen uit sy North End-voorruitbesigheid ontvoer en in ‘n Opel Mokka-voertuig gedwing. Die ontvoerders het toe Chen se selfoon gebruik om sy ma te bel en ‘n losprys vir sy terugkeer te eis.

Hy is ses dae ná sy ontvoering in die middel van die nag in Kariega, sowat 30 km van waar hy geneem is, deur die polisie gevind.

’n Toyota Fortuner, wat vermoedelik in dié ontvoering gebruik is, is later gevind en daar is beslag gelê by ’n plaaslike motorwassery. Daar is ook op ’n Audi A4 by Tete se huis in Motherwell beslag gelê.

“’n Intelligensie-gedrewe ondersoek deur die gesamentlike span het aan die lig gebring dat die slagoffer in drie verskillende adresse in Gqeberha aangehou is. Ondersoeke het gelei tot die arrestasie van een van die verdagtes by een van die adresse. Tete is op 9 Junie 2024 in hegtenis geneem en hy het op 12 Junie 2024 sy eerste verskyning voor die Gqeberha New Law-hof gemaak,” het ao Ndiphiwe Mhlakuvana gesê.

Die hof het verder gehoor dat Tete op die vlug geslaan het, maar intelligensiebronne het gesê hy is in Fort Beaufort gesien.

“Die verdagte is 3 km van Fort Beaufort af getrek waar daar berig is dat hy uit die motor gespring het in ‘n poging om sy arrestasie te ontduik. Hy het na bewering in die nabygeleë bosse ingehardloop waar hy later aangekeer is,” het Mhlakuvana gesê.

Hy het gesê Tete het sy vrou en familielede in die motor gelos toe hy van die polisie gehardloop het.

Tete word glo ook verbind met die ontvoering van Sonam Gajjar (34) in Maart 2024. Sy is twee dae nadat sy ontvoer is ongedeerd vrygelaat. Ten tyde van die ontvoerings was Tete op parool nadat hy ‘n vonnis vir moord uitgedien het.

Die provinsiale hoof van die Valke, generaal-majoor Mboiki Obed Ngwenya, het gesê hy waardeer die gesamentlike poging van die span om te verseker dat Tete borgtog geweier word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui