Meegevoel met Knysna-brandslagoffers

Minister van Bosbou, Visserye en Omgewing, Dr Dion George, het sy meegevoel betuig met die families van die drie mense wat hul lewens tragies in ‘n brand by die Tuinroete Nasionale Park in Knysna verloor het.

Die brand het op 18 Julie 2024 by die Tree Top Chalet uitgebreek waar twee Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) personeel en een nie-SANParke persoon gesterf het.

Ranger Services is in kennis gestel van rook wat naby die woud deurgesypel het en by ondersoek het hulle chalet aan die brand gevind. Nooddienste is van die Bitou-munisipaliteit se brandweer gestuur en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is ontbied.

“Ons harte is swaar van hartseer na die verwoestende brand by die Tuinroete Nasionale Park wat drie kosbare lewens geëis het. Ons betuig ons innige meegevoel met die families en geliefdes wat deur hierdie tragedie geraak is. Ons is daartoe verbind om alle nodige ondersteuning te bied gedurende hierdie moeilike tyd,” het die minister Donderdag gesê.

Tydens die proses om die brand te bestuur en onder bedwang te bring, is drie lyke ontdek wat onherkenbaar verbrand is. ’n Geregtelike doodsondersoek is by die polisie geopen en die proses om die liggame te identifiseer deur middel van DNS-toetse is aan die gang.

Die name van die oorledenes sal bekend gemaak word sodra die identifikasieproses afgehandel is.

“SANParke is in gereelde kontak met die SAPD en in noue skakeling met en bied ondersteuning aan die families gedurende hierdie moeilikste tyd. Met die saak wat nog ondersoek word, doen ek ‘n beroep op ruimte en respek aan die familielede,” het George gesê. –SAnews.gov.za

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui