Nuwe minister van korrektiewe dienste het groot planne vir gevangenes

Die nuwe minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, het die planne wat hy vir die departement het, uiteengesit.

Pieter Groenewald, pas ingesweerde minister van korrektiewe dienste, sê hy wil hê gevangenes moet hul eie kos kweek.

Groenewald het in ‘n onderhoud met Newzroom Afrika sy planne en prioriteite uiteengesit terwyl hy die portefeulje van korrektiewe dienste, wat van die justisieportefeulje geskei is, oorneem.

Hy het gesê die aanpak van korrupsie is hoog op sy lys van prioriteite, en dié stelling kom nadat die departement van korrektiewe dienste onder skoot gekom het toe die veroordeelde moordenaar en Facebook-verkragter Thabo Bester uit die Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein ontsnap het.

Oor begrotingsbestuur het Groenewald gesê hy glo korrektiewe fasiliteite moet weer hul eie kos begin produseer.

“Hulle het die landbougrond en daar is voorstelle van instansies wat daarmee wil help. Ek sal ernstig na daardie saak kyk en kyk hoe ons belastingbetalers se geld kan spaar.

“Daar is niks verkeerd om te verseker dat korrektiewe fasiliteite hul eie groente en kos produseer nie,” het hy bygevoeg.

One thought on “Nuwe minister van korrektiewe dienste het groot planne vir gevangenes

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui