Twee verdagtes ge-arresteer vir huisroof en ontvoering

Mediaverklaring – Suid-Afrikaanse Polisiediens – 2024/07/21

Kantoor van die Provinsiale Kommissaris Gauteng

Sentraal Transvaal – Die Tshwane-stabiliseringspan het op Saterdag, 20 Julie 2024 twee verdagtes van 29 en 34 jaar in hegtenis geneem vir ‘n huisroof en ontvoering in Jukulyn, Rietgat.

Terwyl hulle Saterdag in die vroeë oggendure die gebied gepatrolleer het, het die span ’n klag van radiobeheer ontvang oor die roof en ontvoering. Hulle het ‘n soektog begin na die gesteelde voertuig en die slagoffers, ‘n ma en haar dogter wat tydens die huisroof ontvoer is.

Die polisie kon daarin slaag om die gesteelde motor terug te kry en het twee verdagtes in Jukulyn aangekeer toe hulle van die toneel probeer vlug het. Die ma en dogter, wat die slagoffers van misdaad was, is veilig gered.

Die verdagtes sal binnekort voor die landdroshof gebring word. Die stabiliseringsoperasies sal voortgaan totdat die geaffekteerde gebiede na normaal terugkeer, en misdade soos rooftogte, motorkaping en voertuigdiefstalle aangespreek word.

Die publiek word aangemoedig om enige kriminele aktiwiteite of misdadigers by die SAPD Stop Misdaad-blitslyn by 08600 10111 aan te meld.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui