Bestuurder van safari lodge veg vir lewe na skote

LIMPOPOP. – Emily Leuner, ‘n bestuurder van Tintswalo Safari Lodge in die Manyeleti-wildreservaat buite Hoedspruit in Limpopo, veg na ‘n skietvoorval vir haar lewe.

Leuner is in 2017 saam met Alistair, haar man, as bestuurderspaar by Tintswalo Safari Lodge aangestel nadat hulle by Sabi Sabi gewerk het.

Leuner is glo verskeie kere deur ‘n werknemer wat weens ‘n dissiplinêre verhoor ontslaan is, geskiet. Die werknemer het Leuner geskiet en daarna homself.

Leuner is eers na Tintswalo-hospitaal in Acornhoek geneem, waarna sy na die Milpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas is.

Die voorval is deur die Collection Group bevestig.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui