PLAASMOORD – Vierde plaasaanval in Cullinan omgewing in ’n maand lei tot moord

Daar is weereens een van ons bejaarde boere vermoor en sy vrou is ernstig beseer. Die aanval het 20 Julie 2024 gebeur. Die aanval was op Louwsbaken buite Cullinan

’n Bejaarde man is vermoor en sy vrou ernstig beseer. Sy is tans in die hospitaal.

SAPD, K9 en alle dienste steeds besig op die toneel.

Geen verdere besonderhede kan gedeel word nie. Ons wag vir meer besonderhede rondom die aanval en sal opdaterings plaas sodra dit vrygestel word.

Hou asseblief die slagoffer wat oorleef het en haar familie in julle gebede.

Lees ook:

OPDATERING:

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Cullinan het gereageer nadat hulle op Saterdag 2024-07-20 van ‘n plaasaanval in hul Polisiëringsgebied ingelig is.

Met hul aankoms het hulle ‘n 81-jarige bejaarde man, VERMOOR en sy vrou ernstig beseer gevind en sy het mediese hulp ontvang.

Die oorledene is in die huis met erge kopbeserings en in ‘n plas bloed gevind.

‘n Getuie het gesê dat hy vinnig na die oorledene se woning gery het nadat hy ‘n oproep van die oorledene se dogter ontvang het wat hom in kennis gestel het dat haar ouers nie hul fone antwoord nie, sy vermoed dat iets dalk gebeur het omdat dit ongewoon is dat hulle nie die fone antwoord nie.

Met sy aankoms het hy die erg beseerde vrou en die oorledene in die huis aangetref. Dit is onbekend wat die motief vir die aanval is en of enige eiendom gesteel is.

’n Saak van moord en huisroof is vir ondersoek geopen en alle leidrade word ondersoek.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens doen ‘n beroep op die gemeenskap om met enige inligting na vore te kom en Cullinan SAPD te kontak om die skuldiges voor die hof te bring.

Saamgestel deur: Adjudant Beampte; Johan van Dyk Kommunikasie koördineerder, Tshwane-distrik

4 thoughts on “PLAASMOORD – Vierde plaasaanval in Cullinan omgewing in ’n maand lei tot moord

  1. Dis my skoondogter se ouers. Die kinders en kleinkinders almal nog in skok. My gebede gaan aan die familie vir krag in hierdie moeilike tyd.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui