Dwelmnes kry bloedneus op plaas in Groblersdal. Meer arrestasies kan volg.

Dwelm laboratorium in Groblersdal oopgevlek, kristal metamfetamien met waarde van R2 miljard gekry

’n Kristal metamfetamien dwelm laboratorium, ter waarde van R2 miljard, is in Groblersdal op ’n plaas oopgevlek.

’n Gesamentlike ondersoek van die Limpopo Valke en provinsiale polisie het gelei tot die ontdekking van die dwelm laboratorium op 19 Julie.

Vier verdagtes, waarvan een die plaaseienaar en twee Mexikaanse burgers is, is gister gearresteer tydens ’n intelligensie-gedrewe operasie deur lede van die Limpopo ondersoekeenheid vir ernstige georganiseerde misdaad, bygestaan deur die Limpopo taktiese redaksiespan.

Die Valke het inligting ontvang oor verdagte aktiwiteite wat op die plaas gepleeg word, waarna daar toegeslaan is.

Vier strukture op die eiendom is deursoek en groot hoeveelhede chemikalie, wat gebruik is vir die vervaardiging van onwettige dwelms, insluitend asetoon, sowel as klaar vervaardigde kristal metamfetamien, met ’n geraamde straatwaarde van R2 miljard, is gevind.

Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek het sedert die begin van vanjaar tien (10) dwelm laboratoriums ontbloot, en 34 arrestasies gemaak.

Terwyl die ondersoek voortduur, sal die verdagtes Maandag, 22 Julie, hul eerste verskyning in die Groblersdal-landdroshof maak, vir die vervaardiging, handel en besit van onwettige dwelms.

Die Valke glo nog verdagtes kan binnekort in hegtenis geneem word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui