Die saak teen die 21-jarige Bafana Mahungela is van die Alexandra-landdroshof na die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg oorgeplaas vir ‘n voorverhoorkonferensie wat in Augustus sal plaasvind.
Mahungela het Donderdag voor die Alexandra-landdroshof verskyn.
Kluyts se lewelose liggaam is by die George Lea-park in Sandton gevind, net ure nadat sy in Oktober verlede jaar versuim het om ‘n “parkrun” te voltooi.
Die 21-jarige verdagte is in November 2023 in hegtenis geneem en aangekla van die moord op die laerskoolonderwyseres wat toe ook swanger was.
Mahungela staan tereg op aanklagte van ontvoering, roof met verswarende omstandighede, moord, poging tot verkragting en regsverydeling.
Phindi Mjonodwane, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê die voorverhoorkonferensie sal op 16 Augustus 2024 plaasvind.
“Mahungela sal op 1 Augustus 2024 terug wees in die Alexandra-landdroshof, aangesien hy ‘n aansoek om borgtog op nuwe feite ingedien het.”