Die Gautengse departement van onderwys (GDO) het ’n U-draai gemaak ná die uitreiking van ’n verklaring ter bevestiging van die eerste apepokkie-geval (Mpox) by die Laerskool Iketleng in Hammanskraal.
Die departement het Donderdag berig dat ‘n graad 1-meisieleerder met Mpox gediagnoseer is nadat sy simptome getoon het en volgens berigte het haar ouers dit op 16 Julie by die skool aangemeld.
Die departement het egter later die dag die verklaring teruggetrek.
“Dit het onder ons aandag gekom dat die resultate oor die vermoedelike aappokkegeval eers deur die NICD en die Departement van Gesondheid geverifieer moet word. Ons erken dat die aankondiging van enige bevestigde gevalle deur die NICD en die Gesondheidsdepartement gemaak moet word na deeglike toetsing en verifikasie,” het GDE-woordvoerder Steve Mabona gesê.
“Ons aanvanklike verklaring was gegrond op amptelike korrespondensie wat van die skool ontvang is. Dit blyk egter dat ons dalk voortydig opgetree het om die saak te bevestig sonder om op die finale verifikasie van die NICD te wag. Ons vra om verskoning vir enige verwarring of kommer wat dit mag veroorsaak het.”