Die Wes-Kaapse provinsiale kommissaris verwelkom die kollektiewe vonnisse van 545 jaar wat aan vyf rowers opgelê is

WES-KAAP – Die Wes-Kaapse provinsiale kommissaris, lt.genl (adv.) Thembisile Patekile verwelkom die swaar vonnisse wat vyf rowers opgelê is.

Die 29-jarige Phikolomzi Mpafa, die 49-jarige Wiseman Tulisile Tsehlana, die 27-jarige Bongani Ngubo, die 49-jarige Phello Hugh Monyake en die 54-jarige Eliah Mzolisi Mpiti is gevonnis deur die Worcester-streekhof.

In Mei 2018 was die vyf rowers deel van tien gewapende mans wat ’n drankwinkel in Zwelethemba, Worcester, binnegegaan het. Hulle het die personeel gedwing om die kluis oop te maak en ‘n onbekende bedrag kontant gevat. Kontant-in-transito sekuriteitswagte wat destyds teenwoordig was, is ook gedwing om die gepantserde voertuig oop te maak, maar hulle kon nie daarin slaag nie. In die proses het die verdagtes hulle ontwapen en van die toneel gevlug in ‘n Toyota Quantum-minibus wat later op ‘n ander misdaadtoneel in Worcester gevind is.

SAPD-lede het op die misdaad gereageer en toe hulle die voertuig probeer keer het, is skote tussen die verdagtes en die polisie verwissel. Tydens die skietgeveg is twee van die verdagtes geskiet en gewond en twee ander verdagtes is gearresteer en aangehou. Van die verdagtes het van die misdaadtoneel gevlug in ‘n Audi Q7 wat gekaap is. Die lede het twee AK47-aanvalsgewere, ‘n Uzzi-vuurwapen, twee pistole waarvan een aan die transito-werknemers behoort het en ‘n onbekende bedrag kontant gevind.

Op Maandag, 15 Julie 2024, is die verdagtes in die Worcester-streekhof gevonnis vir roof met verswarende omstandighede, poging tot moord, besit van verbode vuurwapens, besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Die eerste beskuldigde, Phikolomzi Mpafa, is tot 105 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die tweede beskuldigde, Wiseman Tulisile Tsehlana, is tot 105 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die derde beskuldigde Bongani Ngubo is tot 120 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die vierde beskuldigde, Phello Hugh Monyake, is tot 105 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die vyfde beskuldigde, Eliah Mzolisi Mpiti, is tot 110 jaar gevangenisstraf gevonnis.

In totaal is al die beskuldigdes gevonnis tot ‘n gesamentlike van 545 jaar gevangenisstraf. Ingevolge Artikel 280 (2) van die CPA, Wet 51 van 1977, het die hof beveel dat die vonnisse gelyklopend sal uitdien.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui