‘n 40-jarige man is deur die Mpumalanga skakelverkeers-intervensie-eenheid in hegtenis geneem vir spoed op die N4 Schoemankloofpad.
Die VW Golf 5-bestuurder is Dinsdagaand in hegtenis geneem nadat hy gevang is waar hy teen 199 km/h in ‘n 100 km/h-sone gejaag het.
Moeti Mmusi, woordvoerder van Mpumalanga se gemeenskapsveiligheid, sê die bestuurder is na die Ngodwana-polisiestasie geneem, waar hy van roekelose en nalatige bestuur aangekla is.
“Hy is borgtog ten bedrae van R2 000 toegestaan en sal binnekort in die Nelspruit-landdroshof verskyn.
“LUR vir gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, Jackie Macie het die verkeersbeamptes geprys en gesê dit moet ‘n les wees vir ander motoriste wat die wet oortree.
“Ons moet nie huiwer om motoriste te straf wat dink hulle kan bestuur soos hulle wil terwyl hulle ander mense se lewens in gevaar stel nie.
“Ons glo dat die arrestasie ’n sterk boodskap sal stuur aan diegene wat die padreëls verontagsaam en ook wetstoepassers ongehoorsaam is,” het Mmusi afgesluit.