Ds. Faan Fisser – Geloofsbond van Hervormde Gemeentes
Matt 10:38 “En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.”
Christene word meermale kruisdraers genoem. Wat sou dit beteken? Jesus sê duidelik, ons moet ons kruis opneem, en Hom volg. Dit beteken dat om Christen te wees, bepaalde offers vra. Wat behels jou kruis wat jy dra, wat n teken is van jou offerbereidheid in diens van Jesus?
Vandag wil almal net die lekker van Christenwees hê…sonder die offerbereidheid. Hulle wil nie eers die moeite doen om eredienste by te woon nie…dis te veel gevra.
Om eredienste by te woon, is uitdrukking van n behoefte, n brandende begeerte, n voorreg om saam met gelowiges in God se teenwoordigheid te wees. Dis n uitdrukking van gehoorsaamheid.
Terselfdertyd is dit ook op n manier n kruis wat jy elke Sondag opnuut opneem. Want dit is n “kruis”, n “lastigheid”, n opoffering om elke Sondag vroeg op te staan, reg te maak, ontbyt reg te kry, kinders reg te kry, te ry… Dit is n “kruis”, n “lastigheid” om nie lekker laat te kan slaap nie, om nie Sondag as luilekker afdag elders heen te gaan nie.
Dan sal ek graag wil weet: diegene wat níé die “kruis” van kerk toe gaan wil opneem nie…wat is dan die kruis van opoffering wat jy opneem terwyl jy Jesus volg???
(Natuurlik kan meeste oues van dae en bedlêendes nie eredienste bywoon nie, maar toe hulle kon, het hulle.)