‘n Soektog na ‘n vermiste persoon ontdek fetus

Mediese nooddienste (EMS) het op die toneel bevestig dat dit ‘n menslike fetus is, maar die geslag is nie bekend gemaak nie.

SEBOKENG. – Die Sebokeng SAPD en K9-eenheid se soek-en-reddingspan het gister ‘n fetus in ‘n stroom ontdek terwyl hulle na die liggaam van ‘n vermiste persoon buite Boitumelo, Sebokeng gesoek het.

’n Saak van verberging van geboorte is geopen en word deur die polisie ondersoek nadat ’n fetus in die stroom gevind is terwyl hulle besig was om na die lyk van Lucky Mantsoe te soek na aanleiding van ’n wenk. Polisiewoordvoerder, sers. Nthabiseng Mokhachane het gesê Mantsoe is verlede maand as vermis aangemeld en ‘n wenk oor waar sy liggaam mag wees het daartoe gelei dat die polisie na hom in die stroom gesoek het toe hulle ‘n fetus in sy plasenta gevind het.

Emergency Medical Services (EMS) het op die toneel bevestig dat dit ‘n menslike fetus is, maar die geslag is nie bekend gemaak nie. Die fetus is na die Sebokeng-lykshuis geneem vir verdere ondersoek.

“Luitenant-kolonel Tholo wat die saak van ‘n vermiste persoon (Lucky Mantsoe) ondersoek, was geskok oor die ontdekking aangesien volwasse klere ook op die toneel gevind is. Die polisie gaan voort om na Lucky te soek en aanvaar enige inligting om hom te vind,” het Mokhachane gesê.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui