Twee branderplankryers is in rowwe see tussen Vishoek en Millers Point in Kaapstad gered.
Woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Craig Lambinon, sê een van die mans kon op die branderski bly, maar die ander een het afgeval en was in die water en het aan die agterkant van die ski gehang.
Hy het bygevoeg dat die man in die water erg hipotermies was toe redders by hom uitgekom het.
Lambinon sê die reddingsoperasie is weens hoë golwe verhinder.
Die twee mans het mediese behandeling ontvang.
Intussen, met die onlangse ongunstige weerstoestande, het Lambinon voorheen inwoners langs die kuslyn versoek om op hoë gereedheid te bly wanneer hulle op see is.