SAPD het die afgelope vyf jaar 263 545 wapens vernietig

VANDERBIJLPARK – Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bly onverbiddelik in sy pogings om onwettige vuurwapens en ammunisie in omloop op te spoor en permanent te verwyder.

Vandeesweek is 14 595 vuurwapens EN vuurwapenonderdele tydens ‘n vernietigingsproses in Vanderbijlpark vernietig; 11 421 van dié wat vernietig is, is handwapens terwyl 1 708 gewere, 1 205 haelgewere en 28 kombinasievuurwapens is.

Hierdie vuurwapens, vuurwapenonderdele en ammunisie is tydens polisiëringsoperasies soos OPERASIE SHANELA beslag gelê en daarna aan die staat verbeurd verklaar. Vernietigde vuurwapens sluit ook dié in wat vrywillig ingegee is en dié wat tydens die Amnestietydperk ingehandig is.

’n Verdeling van die aantal vuurwapens wat hierdie week vernietig is per provinsie is soos volg:

Oos-Kaap = 1 834
Vrystaat = 836
Gauteng = 4 676
Kwazulu-Natal = 1 600
Limpopo = 989
Mpumalanga = 664
Noord-Kaap = 433
Noordwes = 446
Wes-Kaap = 3 117
In Februarie vanjaar is 18 077 vuurwapens, EN vuurwapenonderdele ook vernietig; sedert 2019 het die SAPD 263 545 vuurwapens vernietig.

Alle vuurwapens met werkende meganismes is aan IBIS-toetse onderwerp om vas te stel of hulle in enige pleging van ‘n misdaad en amnestievuurwapens gebruik is.

Die Nasionale Kommissaris van SAPD, Generaal Fannie Masemola sê die SAPD sal voortgaan om sy bedrywighede om onwettige vuurwapens en ammunisie op te spoor en te verwyder uit die strate van Suid-Afrika te verskerp, aangesien dit ‘n bedreiging vir die veiligheid en sekuriteit van die inwoners van hierdie land inhou.

Vuurwapens is die wapen wat die meeste verkies word wanneer misdade soos moorde gepleeg word en daarom is dit van kardinale belang dat ons ons pogings verdubbel om dié wat onwettig is uit sirkulasie te verwyder.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui