Drie ander brandbestryders is tans op ventilators en nog twee is kritiek
Die dodetal van die brandbestryders wat in ‘n wegholbrand in KwaZulu-Natal (KZN) vasgekeer is, het tot ses gestyg.
Roland Robertson, bedryfsdirekteur van Midlands Emergency Services, het bevestig dat nog drie brandbestryders Sondag in die hospitaal gesterf het.
“Nog drie is dood in die hospitaal en die sterftesyfer staan nou op 6.”
Na verneem word, wa die agt brandbestryders besig voorbrande te maak om die brand in Boston in die Natalse Middellande te stop toe die tragedie gebeur het.
Robertson het vroeër aan The Citizen gesê die brandbestryders was nog lewendig toe paramedici op die toneel aangekom het.
“Hulle het glo voorbrande gemaak en iets het verkeerd geloop. Óf die wind het opgesteek óf so iets en die vuur het teruggedraai na die brandbestryders.
“Drie is dood en drie brandbestryders is op ventilators op die toneel geplaas, met een wat per helikopter na die hospitaal geneem is. Twee ander pasiënte was ook in ‘n kritieke toestand en het dringende gevorderde lewensondersteunende behandeling nodig gehad,” het Robertson gesê.
Intussen sê die eThekwini Munisipaliteit hy koördineer tydelike noodlenigingspogings vir die oorlewendes van ‘n brand by die Kenville Informele Nedersetting in Springfield in Durban.
Die brand het Sondag in die vroeë oggendure uitgebreek. Honderde mense is ontheem.
eThekwini Munisipaliteit se Gugu Sisilana het gesê die oorsaak van die brand wat honderde mense ontheem het, is nog nie bekend nie.
“’n Span van 30 brandbestryders is met agt brandweerwaens na die toneel gestuur. Die brandbestryders het onverpoosd gewerk totdat die brand suksesvol geblus is. Die geskatte aantal vervalle informele nedersettings is meer as 100 en sowat 300 mense is ontheem.
“Diegene wat ligte beserings opgedoen het, is deur mediese personeel op die terrein behandel. Ongelukkig is een sterfgeval aangemeld waar ‘n jong swanger vrou aan brandbeserings beswyk het,” het Sisilana gesê.
Verlede week is sommige wonings in landelike dele van Natal verwoes nadat talle huise deur wegholveldbrande verwoes is.
Siboniso Duma, LUR vir vervoer en menslike nedersettings in Natal, het gesê hy het vinnig in die tragiese situasie ingegryp.