NUUSKOMMENTAAR – Water, Water orals is water maar nie ’n druppel om te drink

Uit die pen van Volkskrag Nuus redaksie

Besoedelde water, Watersuiwering stelsels wat uitmekaarval. Strate wat in riviere verander as gevolg van gebarste pype is aan die orde van die dag. Krane met onveilige water.

Krane wat leegloop is ’n algemene gesig on Suid-Afrika. Verskoning op verskoning:
Suid-Afrika is ’n waterskaarste land. Daar is nie geld om die infrastrukture in stand te hou nie. Daar is nie kennis om infrastrukture in stand te gou nie. Die lys hou so aan

Kom ons gaan kyk na die ware toedrag van sake:
Meeste groot damme is oor 90% van hul kapasiteit op die huidige stadium. Die winter is al gevorderd met die nuwe lente en somer wat op pad is.

Hoekom kom die water nie by die verbruiker se krane uit nie?
Ons kan begin om na kaderontplooiing te kyk. Gaan kyk net na die regering. Hoe kan ’n skool onderwyser die minister van verdediging word? Hoe kan ’n ampsdraer met ’n misdaadrekord en bende betrekkinge in die regering dien?

As die regeerders van die land so ooglopend disfunksioneel is, hoe kan die res van die land anders wees. Vriende en familie wat splinternuwe rak maatskappye open kry al die kontrakte. Kontrakte word opgeblaas om te voorsien in die weelderige behoeftes van die kaders wat die kontrak kry.

Omdat die kader nie kop of stert van die kontrak kan uitmaak nie, moet hulle nog geld bysit om een van die maatskappye wat weet wat hulle doen te betaal om die werk te doen. Soms word die werk ten goedkoopste aan nog ander kaders gegee wat ook niks weet nie en dan gryp die kader die geld en hardloop sy bene stompies.

Daar kraai nooit weer ’n haan daaroor nie en geld is weg en projek is ’n sloot waar daar pype gelê moet word. Die water stroom nog listig in die straataf met ’n kader wat vir hom ’n splinternuwe luuksemotor met die geld aangeskaf het.

Rioolwerke is verskuif van voorheen suksesvolle stelsel na die damme en riviere aangrensend aan die rioolwerke. Die rioolwerke het transmissie kanale geword na die damme en riviere.

Die dag wanneer kader ontplooiing en diefstal aangespreek sal word, is die dag wanneer die water weer vrylik en skoon in die verbruiker se kraan sal vloei. Daarvoor sal ons met leë krane of besoedelde water moet klaarkom.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui